Google
» Afrikaanse Gemeente Dubai :: Bedieninge - Kleingroepe
:: Ons Fokus ::
  Jes.43:18-22, Jes.35
  Verheerlik
  Vermenigvuldig
  Verstaan & Verbind
  Versorg
  Versoen
  Volhard
BEDIENINGE: Kleingroepe

     

'n Sterk fokus binne ons jong gemeente is die vestiging van die kleingroepbediening waar ons gemeentelede in kleiner groepies mobiliseer. Soos met die eerste gemeente in Handelinge 2, raak elke gemeentelid aktief betrokke by mekaar, by die groter visie van die gemeente en die uitdra van God se Woord na die wêreld. Dit bied geleentheid vir geestelike groei en om medegelowiges te bedien en geestelik te versorg.

Binne die kleingroep vind lering plaas. Bybelstudie word aan die hand van ‘n studietema gedoen en groeplede kry die geleentheid om onderwerpe en vrae intensief te bespreek wat nie binne ‘n erediens moontlik is nie.

Groeplede bid vir mekaar en bedien mekaar deur hulle onderskeie gawes. Individue leer om as werktuie van die Here die liefde van Christus aan medegelowiges te demonstreer. Groeplede reik ook uit na buite om die mede afrikaanssprekende in Dubai op te spoor en uit te nooi. Ons bid vir ons omgewing en vertrou dat die Here die deure sal oopmaak na ons ongelowige bure.

Jy word uitgenooi om te kom inskakel. Die volgende omgeegroepe is aktief:

Bedieningspunte en omgewing
 
   
© 2009 UAE Afrikaanse Gemeente. Alle regte voorbehou