Google
» Afrikaanse Gemeente Dubai :: Bedieninge - Barmhartigheid
:: Ons Fokus ::
  Jes.43:18-22, Jes.35
  Verheerlik
  Vermenigvuldig
  Verstaan & Verbind
  Versorg
  Versoen
  Volhard
BEDIENINGE: Barmhartigheid

        


Die kerk se behoefte om na mense in nood uit te reik, is iets wat die Here in ons harte laat ontbrand. Om die Here se innige jammerte oor ander in hulle nood te beleef is ook 'n opdrag uit die mond van Jesus self: "Wees dan barmhartig, soos julle Vader ook barmhartig is." Luk 6:36

Om die kerk van die Here te wees, beteken ons behoort soos Jesus uit te reik na hulle wat in nood verkeer. Behalwe vir gevalle waar ons op 'n ad hoc basis noodleniging doen is die diensgroep vir barmhartigheid tans besig met die identifisering van verskeie projekte waarby ons gemeente op ’n koninkrykswyse gaan inskakel.

Die leier betrokke by hierdie groep is Johan Swart en indien dit jou gawe en passie is om op hierdie wyse te dien, vra ons jou om hom te kontak by die volgende nommer: 050 451 2807


© 2006 Dubai Afrikaanse Gemeente. Alle regte voorbehou