Google
» Afrikaanse Gemeente Dubai :: Bedieninge - Gebed
:: Ons Fokus ::
  Jes.43:18-22, Jes.35
  Verheerlik
  Vermenigvuldig
  Verstaan en Verbind
  Versorg
  Versoen
  Volhard
BEDIENINGE: Gebed

        

'n Gemeente word gebou op gebed!

Iemand het gesê dat die duiwel ons uitlag in al ons pogings, maar bewend kennis neem van ons gebede. Die gebedsfokus van ons gemeente is Mat 6:9-13.

Gebedsintersessie en voorbidding vind op verskeie maniere plaas. In persoonlike stiltetyd, die Vrydag erediens asook kleingroepe. Daar is tans drie gebedsgroepe wat weekliks vergader:

Woensdagaand Biduurgroepe
• Aan die huis van Jan en Sharon Pretorius in Meadows 7, Straat 2, Villa 18. Kontaknommer is Sharon by 050 651 4407. Tyd is 19:00.

• Aan die huis van Linda en Gerhard in Meadows 9, Straat 14, Villa 43 vir mense wat Egelstalig wil bid. Kontaknommer is Linda by 055 831 7457. Tyd is 19:00.

Donderdagoggend Jeugbiduur om 10:00
• Bidgroep vir die jeug by Ds. Gert in Springs 3. Kontaknommer is Ds. Gert by 050 836 8392.

Voorbidders is mense met 'n passie dat alles wat in die gemeente gebeur, gerugsteun sal word deur gebed. Hulle tree gereeld in vir alle gemeente-aksies en hou mekaar op datum met wat gebeur in die gemeente. Die voorbidders kan ook almal binne 'n kort tydjie gekontak word om in te tree vir 'n noodsituasie.

Telkens wanneer mense in 'n krisis na Jesus gekom het vir hulp, het Hy gesê dat hulle geloof die verskil gemaak het. Gebed is 'n geloofsdaad wat 'n dramatiese verskil kan maak in ons lewe. Dis die wyse waarop God ons deel maak om Sy verlossing uit nood te gee.

Ons voorbidders het 'n begeerte om mense by te staan deur saam met hulle te staan in gebed.

Kontak gerus vir Jan Pretorius indien jy betrokke wil raak of vul die volgende vorm in:

Ek wil inskakel by voorbidding
Naam & van:
Telefoon no:
E-pos adres:
Navraag:



   
       
© 2006 Dubai Afrikaanse Gemeente. Alle regte voorbehou