Google
» Afrikaanse Gemeente Dubai :: Bedieninge - Multimedia
:: Ons Fokus ::
  Jes.43:18-22, Jes.35
  Verheerlik
  Vermenigvuldig
  Verstaan & Verbind
  Versorg
  Versoen
  Volhard
BEDIENINGE: Multimedia

        

Ons glo dat God ons gemaak het om Hom te soek, in ’n verhouding met Hom te leef en dat Hy ons roep om Hom te aanbid. (Hand 17:27-28, Ef. 5:19-20). Hierdie oproep tot aanbidding gaan nie net oor wat ons doen tydens ons byeenkomste nie, maar ook oor die wyse waarop ons leef en ons menswees beoefen (Rom.12:1). Dit gaan dus oor ’n lewenstyl van aanbidding.

Omdat musiek en sang beskou word as een vorm of uitdrukking van aanbidding, wil ons deur die musiekbediening in ons gemeente geleenthede skep waar medewerkers en besoekers God se teenwoordigheid kan ervaar, Hom met vrymoedigheid en opregtheid kan aanbid en geïnspireer (begelei) kan word tot ’n lewenstyl van aanbidding en groei.

Aangesien daar nog nie 'n begeleidingsorkes is nie, word die musiek tans deur laserskyf "videos" 's gedoen. Huidiglik werk dit baie goed en is daar by talle mense groot waardering vir die wyse waarop die aanbidding geskied. Hierdie metode word ook as deel van die kleingroep bediening gebruik.

Die skryf van die musiek 's neem egter heelwat tyd en belangstellendes wat wil deel in navorsing, uitsoek, samestelling en skryf van die 's kan Ds. Gert kontak op 050 836 8392



© 2006 Dubai Afrikaanse Gemeente. Alle regte voorbehou