VERSORGING & BERADING
God werk in ons, deur ons, saam met ons!
Die lewe bestaan dikwels uit woestyn tye – ons wil daar wees wanneer
jy die droë en harde sy van die lewe ervaar, wanneer die lewe nie sin
maak nie, wanneer jy alleen en verlore voel, of dalk net raad en ondersteuning
nodig het.
•
Voorbidding
•
Berading/begeleiding
•
Siekesorg
•
Gesprek en Gebed
•
Rousmart en sterwensbegeleiding
Ons Pastorale Sorg bediening leef die visie van Dubai Afrikaanse Gemeente
uit (Jes. 43:18-21 en Jes. 35:3-4) deur liefde, gebede, ondersteuning en
begeleiding te gee aan mense wat gebroke, hartseer, siek, depressief, moedeloos
of alleen
is.
Indien jy ‘n probleem het, kan jy gerus ons noodlyn skakel
by
050 836 8392