Ons wil mense begelei daartoe om meer en meer soos Jesus te word in krakter
en in krag. Daarom is toerusting en begeleiding so belangrik. Dis daar
om ons te help om in ons verhouding met Jesus te verdiep en meer te gehoorsaam.
Ons glo dat ’n mens groei wanneer jy oop is daarvoor om te luister,
te lees, vrae te vra, jou eie voorveronderstellings en paradigmas gereeld
te ondersoek en bereid is om ou waarhede op ’n nuwe manier te
ontdek. Ons probeer toenemend geleenthede skep waardeur ons ander wil
bemagtig en inspireer tot groei.
Een so geleentheid is ons eendag werkwinkel: Medewerkers aan Geluk waar jy proefondervindelik
•
ontdek en erken waar jy jou tans in jou lewe bevind;
•
beleef dat jy deel is van ‘n gemeenskap van gelowiges
wat mekaar in God se liefde vashou;
•
'n vars visie kry van God se betrokkenheid by die nood van mense;
•
'n nuwe besef verkry van God se roeping vir jou lewe;
•
opwindende bybelstudie metodes leer
Deur gebruik te maak van groepinteraksie, persoonlike oordenkings en
deel-met-mekaar verdiep jy geestelik.
Ander geleethede tot toerusting en groei is ons kleingroep bediening
en die Bybelskool waar ons tans die boek Openbaring hanteer.