Die Here het 'n Afrikaanse Gemeente in Dubai kom vestig met die
doel om veral die Afrikaanssprekende te bedien. Deur gereelde e-posse,
persoonlike uitnodigings van lidmate, asook besoeke word mense uitgenooi
om te kom inskakel. Die kleingroep bediening dien as 'n lanseerbasis
om mense in te skakel.
'n Ander uitreik wat binnekort sal begin is projek R.U.A.G. wat 'n
akroniem is vir Reik Uit As Gemeente. Die klem van R.U.A.G. is
om al die jong enkellopende Suid- Afrikaaners wat in hotelle, restaurante
en hospitale, lang ure werk en nie vervoer of tyd het om Vrydae kerk
toe te kom nie, te bereik en te bedien.
Ons gemeente is tans ook in gesprek met die Bybelgenootskap in Dubai
om betrokke te raak by die verspreiding van Bybels en ander literatuur.
Op die wyse glo ons om 'n beskeie bydrae te maak om ongereddes
binne die 10/40 venster te bereik.