Google
» Afrikaanse Gemeente Dubai :: Eredienste
:: Ons Fokus ::
  Jes.43:18-22, Jes.35
  Verheerlik
  Vermenigvuldig
  Verstaan & Verbind
  Versorg
  Versoen
  Volhard
EREDIENSTE: Sharjah

 

Sharjah Eredienste: 10:15 - 11:30

 

  

Ons Villa Kerk in Mirdif het verskuif na die Scholars International Academy wat in Sharjah is. Ons dienste daar begin elke Vrydag om 10:15 begin. Vanaf Mirdif is dit omtrent 'n addisionele 15km wat jy moet ry. Daar is 'n getekende kaart aangeheg. Die onderstaande beskryf die pad na die perseel toe.

Vanaf Emirates rigting Sharjah. Draai regs af by KALBA en weer regs in MALIHA. Hou reguit aan deur die verkeerslig tot by Sharjah English School. By die skool maak jy 'n U-draai. Na die U-draai hou jy links en gaan weer deur die verkeerslig terug. Net na die verkeerslig gaan jy regs in die glypad in. Draai regs by die SARA HOUSE-gebou en volg die pad wat na links 'n elmboogdraai maak. Draai regs by die eerste pad wat na regs kan draai. Ry reguit aan tot by Scholars International Academy aan jou regterkant.

 

 

 
© 2006 Dubai Afrikaanse Gemeente. Alle regte voorbehou