Gasheer/-vrou uitnodiging:
Ons nooi jou uit om te kom inskakel by die 40 Dae van Liefde veldtog. Dit is 'n kragtige manier waarop ons mekaar en ander kan bedien met die Evangelie, geestelik te kan groei en God se Naam te verheerlik.
Kom raak betrokke by 'n selgroep vir die 40 Dae. Ons benodig ook persone om 'n gasheer of gasvrou (host) te wees vir die 40 Dae van Liefde om 'n kleingroep in jou huis te onvang en/of te help lei vir die tyd. Ons wil soveel lidmate as moontlik vir die duur van die 6 weke in kleingroep Bybelstudie laat deel. Sal jy dit asseblief oorweeg om jou huis vir die 6 weke tydperk vanaf 22 Januarie 2010 beskikbaar te stel? Jy sal jou huis een aand per week beskikbaar maak vir 2-3 ure. Al wat jy moet hę is 'n DVD speler en bereid wees om mense uit te nooi om deel te neem of mense te ontvang wat na jou gestuur word. Die DVD doen al die onderrig en as jy nie gemaklik is om 'n kleingroep te lei nie sal ons jou iemand gee wat jou daarmee sal help.
Voltooi asseblief die Gasheer-Beskikbaarheidsvorm asook selgroep inskakeling vormpie wat by die eredienste uitgedeel word. Jy kan ook aanlyn hieronder regsitreer:
Stuur epos aan Firenza by admin@dubaigemeente.com
Onderstaande is die tydlyn vir die 40 Dae van Liefde