Google
» Afrikaanse Gemeente Dubai :: Fokus: Verheerlik
:: Ons Fokus ::
  Jes.43:18-22, Jes.35
  Verheerlik
  Vermenigvuldig
  Verstaan & Verbind
  Versorg
  Versoen
  Volhard
ONS FOKUS: VERHEERLIK
Die Groot Gebed
Die Groot Gebod
Die Groot Opdrag
 Mat. 6:9-13
 Mat. 22:37-40
 Mat. 28:19-20
Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee ons vandag ons daaglikse brood; en vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe; en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.
Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. Dit is die eerste en groot gebod. En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete.
Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen.


“Ons Vader wat in die hemel is …” Elke doelwit van ons gemeente koppel ons aan ‘n bede van die Ons Vader. Wanneer die Vader die 6 bedes verhoor, lei dit tot gehoorsaamheid en uitvoering van die groot gebod en die groot opdrag. God wat gebied en opdragte gee is ook die Vader wat ons bekwaam en gewillig maak.


Verheerlik God drie-Enig

Die koepeldoel van ons bestaan is die heiliging van God se naam. Waar ek God liefhet met my hele hart, siel, krag en verstand, verheerlik ek God en heilig ek sy naam. Prakties beteken dit dat God deur my ganse lewe in die sentrum van my lewe wil wees en bly. So heilig ek Sy naam en bewys ek my liefde vir Hom. Aanbidding van God deur gebed, Woord bestudering, hartlike lofprysing en musiek , ‘n lewe van heiligmaking, diens en getuienis plaas God in die sentrum van ons lewens. Met die eerste bede van die Ons Vader gebed vra ons die Vader om Homself in ons te verheerlik en so aan die hoogste doel van ons bestaan uiting te gee:”Laat u Naam geheilig/verheerlik word;”
 
  
© 2006 Dubai Afrikaanse Gemeente. Alle regte voorbehou