Google
» Afrikaanse Gemeente Dubai :: Fokus: Vermenigvuldig
:: Ons Fokus ::
  Jes.43:18-22, Jes.35
  Verheerlik
  Vermenigvuldig
  Verstaan & Verbind
  Versorg
  Versoen
  Volhard
ONS FOKUS: VERMENIGVULDIG
Die Groot Gebed
Die Groot Gebod
Die Groot Opdrag
 Mat. 6:9-13
 Mat. 22:37-40
 Mat. 28:19-20
Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee ons vandag ons daaglikse brood; en vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe; en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.
Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. Dit is die eerste en groot gebod. En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete.
Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen.


“Ons Vader wat in die hemel is …” Elke doelwit van ons gemeente koppel ons aan ‘n bede van die Ons Vader. Wanneer die Vader die 6 bedes verhoor, lei dit tot gehoorsaamheid en uitvoering van die groot gebod en die groot opdrag. God wat gebied en opdragte gee is ook die Vader wat ons bekwaam en gewillig maak.


Vergroot die koninkryk

Die kragbron van ons gemeentewees lê in gebed en evangelisasie. Die uitbou van die gemeente en die uitreik na die behoeftes van die wêreld is ‘n opdrag van ons Here: ”Gaan maak dissipels van al die nasies…” Daarom bid ons : ”laat u koninkryk kom;”
 
  
© 2006 Dubai Afrikaanse Gemeente. Alle regte voorbehou