Google
» Afrikaanse Gemeente Dubai :: Fokus: Versorg
:: Ons Fokus ::
  Jes.43:18-22, Jes.35
  Verheerlik
  Vermenigvuldig
  Verstaan & Verbind
  Versorg
  Versoen
  Volhard
ONS FOKUS: VERSORG
Die Groot Gebed
Die Groot Gebod
Die Groot Opdrag
 Mat. 6:9-13
 Mat. 22:37-40
 Mat. 28:19-20
Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee ons vandag ons daaglikse brood; en vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe; en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.
Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. Dit is die eerste en groot gebod. En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete.
Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen.


“Ons Vader wat in die hemel is …” Elke doelwit van ons gemeente koppel ons aan ‘n bede van die Ons Vader. Wanneer die Vader die 6 bedes verhoor, lei dit tot gehoorsaamheid en uitvoering van die groot gebod en die groot opdrag. God wat gebied en opdragte gee is ook die Vader wat ons bekwaam en gewillig maak.


Versorg deur God die ander

God versorg ons daagliks maar daardie sorg moet deur die liggaam van Christus (die gemeente) sigbaar gemaak word aan die wêreld in nood. Die groot opdrag om mekaar en ons naaste lief te hê beteken om met ons gawes ander te dien en te versorg en omgekeerd deur ander bedien/ versorg te word. Die vierde bede pleit by God dat sy versorging aan ons sal oorloop na die liefdevolle versorging van ons naaste: ”Gee ons vandag ons daaglikse se brood.”
 
  
© 2006 Dubai Afrikaanse Gemeente. Alle regte voorbehou