Google
» Afrikaanse Gemeente Dubai :: Fokus: Volhard
:: Ons Fokus ::
  Jes.43:18-22, Jes.35
  Verheerlik
  Vermenigvuldig
  Verstaan & Verbind
  Versorg
  Versoen
  Volhard
ONS FOKUS: VOLHARD
Die Groot Gebed
Die Groot Gebod
Die Groot Opdrag
 Mat. 6:9-13
 Mat. 22:37-40
 Mat. 28:19-20
Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee ons vandag ons daaglikse brood; en vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe; en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.
Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. Dit is die eerste en groot gebod. En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete.
Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen.


“Ons Vader wat in die hemel is …” Elke doelwit van ons gemeente koppel ons aan ‘n bede van die Ons Vader. Wanneer die Vader die 6 bedes verhoor, lei dit tot gehoorsaamheid en uitvoering van die groot gebod en die groot opdrag. God wat gebied en opdragte gee is ook die Vader wat ons bekwaam en gewillig maak.


Volhard in oorwinning

Oorwinng oor die bose geskied deur die opstandingskrag van Christus. Hy is die Leeu uit die stam van Juda wat die bose oorwin het. Hy leef en triomfeer en deur Sy krag volhard ek in Sy oorwinning en word ek daagliks meer en meer soos Jesus. Die sesde bede pleit vir volharding in oorwinning oor ons ou natuur en die bose. Daarom bid ons ”en laat ons nie in die versoeking kom nie maar verlos ons van die bose.”
 
  
© 2006 Dubai Afrikaanse Gemeente. Alle regte voorbehou