Vrydag 19 - Saterdag 20 Maart by Acacia Hotel Hotel
Koste: AED 250 ppp/nag deel en AED 300 enkel met volledige ontbyt, middag en aandete en konferensie geriewe ingesluit. Seminaar vanaf Vrydag 12:00 to Saterdag 14:00
Waarom die Heelvrou Seminaar?
"Na jare se optrede by damesoggende, ma- en dogter tee's, vrouekampe, ens., het ek besef dat ons vroue werklik meganismes nodig het om die dinge wat hulle terughou in hulle potensiaal aan te spreek. 'n Praatjie hier en daar, is net nie meer voldoende nie. Dit beïnvloed lewens en laat jou voorraadopname doen, maar as jy nie verantwoordelikheid vir jou lewe neem nie, VERANDER NIKS! Jy is dus nie die produk van jou verlede nie, maar die produk van jou keuse! Om egter die regte keuses te maak is dit nodig om te weet dat daar geen "quick fixes" vir genesing en groei is nie!
Ek glo vas dat die wegspringblok vir genesing van die seer uit die verlede, die volgende is: 'n Verhouding met Christus Jesus en ... 'n verhouding met Chrisus Jesus! Vroue het nodig om te verstaan dat ek Gees, Siel en Liggaam is! Die een funksioneer nie sonder die ander en wanbalanse skep die risiko vir verdere seer.
Jou denke moet vernuwe word en onder God se gesag kom staan - dit moet 'n leefstyl word. Hiervan is jou liggaam onlosmaaklik 'n deel van die senario.
INHOUD VAN SEMINAAR
GEESheel:
Die praktiese waarhede en toepassings van - God wat jou roep tot wedergeboorte. Jou gees wat vernuwe word. Jou vermoë om te kan kies. Die proses van bekering. Hoe om GEESheel te bly.
SIELSheel:
Verstaan jou fisiese brein werking en die effek daarvan op jou gedrag. Hoe om te leef deur die Gees en nie uit emosie. Denksisteem veranderinge. Hoe om jou wil onder God se wil te plaas, en weer Sy stem te hoor. Stres, woede, vrees, bitterheid - hoe handel ek hiermee en word dit 'n blywende verandering. 'n Eerlike blik op jou binnewêreld. Hierdie is 'n baie praktiese doen-sessie.
LIGGAAMSheel:
Wat sê God se Woord. Lewenstyl - gebruik al jou sintuie! Dieet, mediese versorging, aanvullings, algemene liggaamskwale, menopouse, libido, slaap, oefening. Hoe om te begin en vol te hou. Jy kan! Vel versorging en grimering.