Ek wil inskakel by die gemeente:
Persone wat inligting oor die gemeente wil hê of belangstel om lidmaat
van Dubai Afrikaanse Gemeente te word kan vir Firenza per epos kontak by admin@dubaigemeente.com
of na afloop van elke erediens 'n inligtingsvorm voltooi. Hierdie inligting
word op ons databasis geplaas en jy ontvang gereelde inligting oor ons gemeente
via epos.
Enige persoon is welkom om deel te neem aan die bedrywighede
wat deur Dubai Afrikaanse Gemeente aangebied word (eredienste,
jeugbediening, kleingroepbediening, kursusse, barmhartigheid,
ens). Ons is tans besig met die opstel
van 'n
Lidmaat Toerusting Program (LTP) wat binnekort aangebied
gaan word. Uitnodigings
vir die LTP-kursus sal aan elke nuwe voornemende lidmaat
ge-epos word.