Google
» Afrikaanse Gemeente Dubai :: Duine Nuus
:: Ons Fokus ::
  Jes.43:18-22, Jes.35
  Verheerlik
  Vermenigvuldig
  Verstaan & Verbind
  Versorg
  Versoen
  Volhard
GEMEENTE DRIE-JARIGE FEES!!

 

 
Gemeente drie-jarige fees!!

Drie jaar terug op 10 Februarie het 15 persone in Dubai die eerste Afrikaanse diens van die Afrikaanse Gemeente in die UAE bygewoon en vandag is daar groot verjaarsdagpartytjie gehou. Die bedieningspunte van die gemeente is Dubai, Al Ain, Abu Dhabi, Sharjah (een Afr en een Engels) en vandag trek ons in Sharjah saam.

Ons moes geweet het hier kom 'n ding wat oppad stop ons by die Adnoc (soos Ultra City by die huis) vir 'n koffie en jy hoor orals net Afrikaans. Buitekant staan die motors en die mense begin al klaar oor en weer kuier voordat ons nog naby Sharjah is.

Nou Sharjah is nie een van die maklikste Emirate om in te bestuur nie en wat sal ons sien toe ons die "dorp" binnery - hierdie man (wat terloops nie Afrikaans kan praat nie) met 'n bordjie wat die rigting aanwys. Hy's ene glimlag en geniet elke motor wat afdraai en vir hom waai.

Kyk bietjie wat staan op die bordjie en dit in 'n Moslem land! Dit gons soos die mense bekendes raakloop.

Ons begin later as beplan maar dit vat 'n tydjie om al 600 mense rustig te kry. Ja kan julle glo ..... 600 Saffers by 'n kerkdiens in die UAE.

Ons begin met lofprysing.

Ons het 'n wonderlike klomp kinders wat kom saam deelneem aan die versie-boeresport.

'n Mooi klompie tieners sing vir die kleintjies 'n liedjie (Nelmari in die middel).

Terwyl die diens en speletjies aan die gang is, is daar 'n paar mense wat swoeg in die woestynsand om oor die spitbraai (daar was heelwat skape) en rooster (lekker tjops en boerewors) ogie hou.

Die afdakkies en stoele van baie is al uitgepak en gereed vir die groot eet en kuier na die diens.


 
© 2009 UAE Afrikaanse Gemeente. Alle regte voorbehou