Google
» Afrikaanse Gemeente Dubai :: Wie is ons
:: Ons Fokus ::
  Jes.43:18-22, Jes.35
  Verheerlik
  Vermenigvuldig
  Verstaan & Verbind
  Versorg
  Versoen
  Volhard
WIE IS ONS: Belydenis grondslag

Ons belydenis grondslag

Die Dubai Afrikaanse Gemeente bedien mense met die doel om hulle te bereik en hulle te begelei, sodat hulle meer en meer soos Jesus word, in die karakter en in die krag van die Gees, in diens van God, mekaar en die wêreld.

Dubai Afrikaanse Gemeente is nie gekoppel aan ‘n spesifieke denominsaie nie. Ons het gekies vir ‘n naam wat veral die Afrikaanssprekendes uit veskillende kerklike agtergronde as geloofsgroep sal erken en aanmoedig om te kom inskakel. Ons is ‘n informele, vernuwende en relevante gemeente waar jy die realiteit van die Heilige Gees sal ervaar wat met sy vrug ons karakter vorm en met sy gawes ons bemagtig en toerus tot diens en ‘n heilige lewenswandel.

Die belydenis grondslag van ons gemeente vind uitdrukking in die Apostoliese Geloofsbelydenis wat die kern van ons Christelike geloof omskryf:

Ek glo in God die Vader, die Almagtige, die Skepper van die hemel en die aarde.
En in Jesus Christus, Sy Eniggebore Seun ons Here; wat ontvang is van die Heilige Gees, gebore is uit die maagd Maria;
wat gely het onder Pontius Pilatus, gekruisig is, gesterf het, begrawe is en ter helle neergedaal het;
wat op die derde dag weer opgestaan het uit die dode;
wat opgevaar het na die Hemel en sit aan die Regterhand van God, die almagtige Vader,
van waar Hy sal kom om te oordeel die wat nog lewe en die wat reeds gesterf het.
Ek glo in die Heilige Gees.
Ek glo aan 'n heilige, algemene, Christelike Kerk, die Gemeenskap van die Heiliges;
die vergewing van sondes;
die opstanding van die vlees;
en 'n ewige lewe.

© 2006 Dubai Afrikaanse Gemeente. Alle regte voorbehou