Google
» Afrikaanse Gemeente Dubai :: Wie is ons
:: Ons Fokus ::
  Jes.43:18-22, Jes.35
  Verheerlik
  Vermenigvuldig
  Verstaan & Verbind
  Versorg
  Versoen
  Volhard
WIE IS ONS: Grond Waardes


Die grondwaardes van ons gemeente is afgelei en gebou op die bedes van die Groot Gebed (Mat 6: 9-13), die Groot Gebod (Mat 22:37:40) en die Groot Opdrag (Mat 28:19). In die uitleef van hierdie waardes gee ons gemeente uitdrukking aan die vervulling van God se visie vir ons in Jes 43:18-22, Jes 35 asook Joh 7:37-39.

Verheerlik: Ons glo dat die koepeldoel van ons bestaan is om God te verheerlik, daarom is alles wat ons in die gemeente doen daarop afgestem om lidmate te motiveer en toe te rus tot 'n lewe van heiligheid en aanbidding.

Vermenigvuldig: Ons glo dat God alle mense wil red (1 Tim 2:4, Mat 28:19), dat Jesus gekom het om verlore mense te red en Hy ook die Heilige Gees gegee het om hierdie doel te bereik, daarom bestaan hierdie Gemeente ook ter wille van verlorenes en nie-kerklikes.

Verstaan en verbind: Ons glo dat die Bybel God se onfeilbare Woord is en dat ons Sy wil vir ons lewens daaruit kan ken, daarom word ons gemeente gerig vanuit die Woord en word elke gelowige uitgedaag, gemotiveer en toegerus om sy/haar volle potensiaal in Jesus Christus te bereik.

Versorg: Ons glo dat ons versorging deur God uitloop op 'n versorging van mekaar en ander, daarom sal lidmate voortdurend aangemoedig word om deel te word van 'n kleingroep waar hierdie versorging die mees effektiefste geskied deur die gawes wat die Heilige Gees aan elkeen gegee het.

Versoen: Ons glo dat God die mens geskep het omdat Hy gemeenskap met hom wou hê, daarom is die Gemeente ’n netwerk van liefdevolle verhoudinge, waar ’n kultuur van wedersydse liefde en aanvaarding sal seëvier en waar verhoudingsherstel langs die weg van vergifnis geskied.

Volhard: Ons glo dat elke gelowige moet volhard in die oorwinning wat Christus oor die bose bewerk het, daarom ondesrteun ons mekaar op hierdie weg deur voortdurende intersessie en danksegging en met die wete dat Jesus by ons is, al die dae, tot by die voleinding van alle dinge.

Voortreflikheid: Ons glo dat uitmuntendheid God verheerlik en mense inspireer, daarom getuig alles wat ons doen van moeite en voortreflikheid.



 
© 2006 Dubai Afrikaanse Gemeente. Alle regte voorbehou